Hierdie boekie saamgestel om enkelklank woordjies te oefen, gegrond op verskeie visuele persepsie oefeninge. Die boekie kan ook dien as ‘n manier om uitdagings met visuele persepsie te identifiseer.

R80.50

Resource Description

Hierdie boekie is ‘n samevoeging van visuele persepsie oefeninge en enkelklankies. Oefeninge is gefokus op elke klinker asook y, dan is daar oefeninge waar die klinkers almal saam geoefen word. Slegs drie letter woorde word in die boekie behandel. Indien ‘n leerder sukkel met van die visuele oefeninge kan die boekie help met identifisering van visuele persepsie probleme. Praktiese bewegingsoefeninge en verdere visuele persepsie oefeninge word sterk aanbeveel. Boekies vir hierdie oefeninge is ook beskikbaar en kan aangekoop word op versoek.

Hierdie boekie is geskik vir: • ‘n Kind wat al hul klankies reeds ken en bemeester het deur praktiese oefeninge. Hierdie boekie help hulle om klankies visueel tussen ander klankies uit te ken en woordjies te bou.
• ‘n Kind met gevorderde visuele perseptuele vaardighede, of die boekie sal help met die identifisering van visuele probleme.
• Vir onderwysers wat ‘n intervensie boekie nodig het vir leerders wat ekstra hulp benodig, veral vir visuele oefeninge.
• Remidierende onderwysers wat hulpmiddels nodig het wat verskeie visuele vaardighede saam wil oefen op tweedimensionele vlak.
• Ouers wat hul kinders ekstra oefening wil gee, t.o.v. blootstelling aan enkelklanke. Ook visuele persepsie oefeninge daarmee saam.

Ek hoop u geniet hierdie boekie en dat dit van groot waarde sal wees

Resource Reviews

Store reviews: ( 0 ratings )

No ratings have been submitted for this seller yet.