Afrikaans TAALTERAPIE Ooreenkomste en Verskille
FREE
Use, by you or one client, in a single end product which end users are not charged for. The total price includes the item price and a buyer fee.
Resource Description
Doel:
Die kind moet die eienskappe van voorwerpe in terme van hul ooreenkomste en verskille kan beskryf. Ekspressiewe vaardighede word geoefen.
Ingesluit:
– 28 dinosourus-kaartjies, elk met een woordpaar
– 4 vulkaan-kaartjies
– 4 A5 kaarte wat gebruik word as “mandjies” waarop kaartjies versamel word. (Opsioneel)
– Venn-diagram
– Generiese bordspeletjie
Maak so:
Dinosourus-speletjie: Maak beurte om ‘n kaartjie op te tel. Die kind (ers) moet sê wat die ooreenkoms en verskil tussen die 2 woorde op die kaartjie is. Bv: MOP & BESEM: Albei word gebruik om die vloer skoon te maak, maar jy was met ‘n mop en vee met ‘n besem. Wanneer ‘n vulkaan-kaartjie opgetel word, moet daardie speler 1 kaartjie terugsit. Die een met die meeste kaartjies is die wenner!
Die Venn-diagram kan gebruik word vir ‘n skriftelike oefening. Sien op heel laaste bladsy iets oor ‘n GRATIS Venn-produk!
Die generiese bordspeletjie kan as versterker vir ENIGE artikulasie, vlotheid, taal of ouditiewe doelstelling gebruik word
Mari
2016