Resource Description

DOEL
Hierdie rym –aktiwiteit vereis van die kind om rymwoorde te IDENTIFISEER.

MATERIAAL INGESLUIT
6 kaartjies met rympare (genommer 1,4,7,8,2,10)
6 kaartjies met woorde wat NIE rym nie (genommer 5,6,9,3,11,12)
Antwoordblad
Antwoordblad met antwoorde

MAAK SO
Hierdie aktiwiteit kan in terapie-sessies met 1 of meer kinders gebruik word. Elke kind ontvang ‘n antwoordblad waarop hy moet aandui of die prentpaar rym of nie. Hierdie antwoordblad kan gelamineer word/ in ‘n plastieksakkie gesit word vir hergebruik. Die kind kleur dan die  in as die woorde rym en  as dit nie rym nie. Wanneer die kind individueel gesien word, kan hy ook ‘n rympie met die 2 woorde probeer maak – bv “Die muis is in die huis”

Onderwysers kan hierdie aktiwiteit gebruik wanneer intervensie in Gr1-3 nodig is. In Graad R kan dit as ‘n tafelaktiwiteit uitgepak word. Die klas roteer dus tussen stasies en hierdie kan dan 1 van die stasies wees.

Ek hoop julle en die kinders geniet hierdie yskoue rymaktiwiteit!

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 65 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

12 woordpare
Die kind moet besluit of die pare rym of nie
Inkleurwerk as bonus

R21.00