Resource Description

Die pakket is beplan en ontwikkel volgens die KABV dokument. Dit bestaan uit ‘n leerderboek en ‘n onderwysersgids. Dit is nie op enige handboek gebasseer nie. Die leerderboek vervang dus die taalhandboek, maar leesboeke uit ander reekse moet nog steeds gebruik word om lees aan te vul. Die graad 4 leerderboek maak voorsiening daarvoor dat leerders die antwoord daarin kan invul. Dit bestaan uit vyf tweeweeksiklusse en sluit ook alle formele take (assesserings) in. Die onderwysergids sluit die jaarbeplanning, kwartaalbeplanning, werkskedule, memorandums vir informele sowel as formele aktiwiteite en ‘n item en foutontleding by toepaslike aktiwiteite in. Die onderwyser se beplanning is tot die minimum beperk. Die produk vergemaklik administratiewe werk en is baie gebruikersvriendelik. Dit is baie geskik vir tuisonderrig. Beide die leerderboek en die onderwysersgids bestaan uit 70 – 80 bladsye. Al vier die vaardighede: Luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied asook taalstruktuur en -konvensies word in elke tweewekesiklus behandel. Die produk word as ‘n PDF dokument gestuur sodra die inbetaling gemaak is.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this seller yet.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 4: Kwartaal 1

R200.00