Resource Description

Die storieboek en speletjies is geskik vir kinders tussen die ouderdomme 2 en 3 jaar oud.

Ruimetelike begrippe byvoorbeeld, onder, agter, bo en binne, beskryf die verhouding tussen ons en voorwerpe. Asook die verhouding tussen voorwerpe. Byvoorbeeld, die koekie is binne die plastiek houer wat bo-op die kas staan.

Dit is belangrik vir kinders om die konsep van waar ‘n voorwerp is te verstaan. Die vermoë om te kan beskryf waar ‘n voorwerp is, ontwikkel taalgebruik en die
vermoë om hulle gevoelens te kan beskryf. Dit help ook met latere sukses om te kan lees, wiskunde te doen en met die uitvoer van instruksies.

Wat kan my kind leer:

1. Ruimetelike begrippe:
– Onder, bo, binne en agter.
2. Brei woordeskat uit.
3. Fyn motoriese vaardighede.

Wat is ingesluit:

a. Geillustreerde storieboek.
b. Werkskaarte om die ruimtelike beginsels te oefen.
c. Vind die prentjies speletjie.
d. Bonus idees om by die huis te doen.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this seller yet.

R50.00