Resource Description

Om selfstandig flink en vinnig te kan dink aan ‘n oplossing vir ‘n probleem is ‘n geskenk wat ons vir kinders moet gee. Kinders moet begelei om uiteindelik hulle eie besluite te kan neem asook hulle eie probleme op te los. Oefen van kleins af. Hulle moet ook self navorsing kan doen oor sekere onderwerpe en daarom moet ons hulle leer om selfstandig te kan lees en ontdek. Geniet hierdie speletjie waarin die kinders 15 sekondes het om woorde te noem oor ‘n sekere onderwerp. (Vul die onderwerpe aan met u eie prente en woorde.) Daarna lees hulle woorde oor die onderwerp en dink daaroor na. Gaan speel gerus vir die kinders die video oor hierdie speletjie. Hulle kan aktief deelneem en lekker onder mekaar lag terwyl hulle baie nuwe dinge leer. Video sowel as werkkaarte kan appart gebruik word. Juffrou kan die werkkaarte gebruik soos sy goed dink vir die kinders in haar klas en in haar omgewing. Druk, lamineer, knip, pak en vele meer opsies.

Flink dink en lees gratis YOUTUBE speletjie:

Afrikaanse klankleer video speellys: Hoe om klanke vir kinders aan te leer, dubbelklanke, ens.

Afrikaanse klankleer ABC videos:

AFRIKAANSE LEESPROGRAM REEKS:

Gaan SUBSCRIBE ook op my kanaal vir gratis kennisgewings (click op die skakel en druk die rooi SUBSCRIBE knoppie)
https://www.youtube.com/channel/UCdUKSVdrwwJRssD2LRVYQtQ

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R20.00