Resource Description

Ek het die boek ‘n paar jaar gelede begin bymekaar maak, nadat ek agter gekom het die leerders leer nie hulle Wiskunde nie. Dit volg nie noodwendig dieselfde CAPS orde van werk nie, maar al die werk word gedek in die boek. Ek gebruik ‘n 96 bladsy hardeband boek, die leerders plak die notas op die linkerkant en hulle doen ‘n paar voorbeelde op die regterkant. Ek begin gewoonlik ‘n nuwe onderwerp in die notaboek. Ons werk deur die notas en hulle vul ekstra notas in. Die leerders gebruik baie kleur, ekstra “doodles” wat ookal nodig is vir hulle om die werk beter te verstaan. Dit is hulle persoonlike boek, en ek gee vir hulle redelike vrye teuls daarmee. Hulle is mal daaroor om in hulle notaboeke te werk, en is gewoonlik baie trots op hulle boeke. Ek gebruik ook van die DBE boek se voorbeelde in die notaboek (ek weet ek mag nie, maar die leerders kry vreeslik baie genot daaruit om die bladsye uit te skeur en in hulle boeke te plak!!)

Ek het die werk opgedeel in verskillende afdelings: Heelgetalle en bewerkings; Breuke, desimale breuke en persentasies; Meting; Meetkunde; Data-hantering en Geometriese en getal patrone. Baie van die werk word herhaal deur die jaar, maar ons doen dit net eenkeer in die boek. Bv. gewone breuke word in kwartaal 1 gedoen, in kwartaal 2 gaan ons vinnig weer oor die notas as hersiening voor ons desimale breuke doen. In die derde kwartaal gaan ons oor breuke en desimale breuke voor ons persentasies doen. Op daardie manier is al die werk bymekaar.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ratings )
No ratings have been submitted for this seller yet.

‘n Boek met alles wat ‘n graad 6 kind moet weet en verstaan. Dit het verduidelikings van al die terme in, met ‘n paar voorbeelde van hoe om dit te doen. Daar is genoeg plek vir die leerders om ook hulle eie notas te maak. Ek gebruik ‘n 96 bladsy hardeband boek, en plak die nota’s aan die linkerkant, hulle doen voorbeelde aan die regterkant.

Dit is nou beskikbaar in Afrikaans en Engels.

Let asb op dat die inhoudsopgawe op MY klas gemik is – die boek bestaan uit 50 bladsye, maar die inhoudsopgawe maak voorsiening vir ekstra bladsye met voorbeelde en ekstra nota’s. BODMAS, Afronding, sirkels, 3D vorms, transformasie en aansigte IS NIE IN DIE BOEK NIE, maar ek gee verduidelikings van wat ek met die kinders in die boek doen. Hulle LOVE die hands-on aktiwiteite.

R170.00