Resource Description

Om twee verskillende klanke bymekaar te voeg om een klank te vorm is soms moeilik vir kinders om te erken. Die hulpmiddels loop hand aan hand met ‘n video wat die tweeklanke in ‘n oulike, verstaanbare en leersame manier uitbeeld. Hierdie hulpmiddels gaan jou kind help om die 6 tweeklanke te verstaan sodat lees ‘n fees raak en hulle die selfvertroue het met klanke, woorde en sinne.

Ons hulpmiddels help jou om ons GRATIS YOUTUBE VIDEO’S te omskep in volwaardige lesse. Die hulpmiddels sluit ALLES in wat jy nodig het om jou les interaktief aan te bied. Prent kaarte, Plakkate, klank kaarte, woord kaarte, lees kaarte, huiswerk opdragte, beplanning en nog vele meer.

Al die skakels vir die video’s wat jy gaan nodig hê vir die aanbieding van hierdie les is aangeheg vir jou gerief in ‘n Powerpoint dokument. “Copy en Paste” die skakels in GOOGLE om direk herlei te word na jou GRATIS video/video’s vir die les.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R35.00