R172.50

Resource Description

Skoolgereedheid is ‘n proses. Dit verwys na ‘n kind se gereedheid om aan die vereistes wat tydens Graad 1, in die formele onderrigstelsel aan die leerder gestel gaan word, te voldoen. Hierdie program is saamgestel deur ‘n arbeidsterapeut met die doel om fondasievaardighede vas te lê wat die kern vorm vir verdere skolastiese leer en ontwikkeling.

Die program bestaan uit ‘n verskeidenheid werksvelle, aktiwiteite, oefeninge en video’s en fokus op die volgende afdelings:

Liggaamspersepsie
Vormpersepsie
Syfervorming (Kleimatte en werksvelle)
Klankvorming (m.b.v. reënboogklanke vir natrek of gebruik op kleimatte, asook ‘n video vir klankvorming)
Ontluikende skrifpatrone en aktiwiteite.
Visuele persepsie (aktiwiteite en werksvelle)
Ouditiewe persepsie (aktiwiteite en werksvelle)
Fynmotoriese-ontwikkeling en knipaktiwiteite (aktiwiteite en video’s)
Algemene riglyne vir stimulasie.
Hierdie produk is geskik vir Graad R-leerders. Kan tuis deur ouers benut word vir vaslegging van bogenoemde ontwikkelingsvaardighede.Dit bestaan uit 105 Bladsye en 5 videos

Resource Reviews

Store reviews: ( 1 rating )

No ratings have been submitted for this resource yet.