Rym-identifikasie met bonus taal-aktiwiteite

R23.00

Resource Description

Pakket
18 roomys-horinkies (haan, muis, peer, mus, sing, mier,
haas, bok, kis, mot, hout, jas, hen, hark, man, swaai,
pampoen, net)
18 roomys “skeppies” (maan, huis, leer, bus, ring, vier,
kaas, rok, vis, pot, sout, tas, pen, vark, pan, slaai,
lemoen, bed)

Maak so
Sortering & Identifisering
Daar is 18 rympare en die kinders moet die woorde wat rym bymkekaar pas. Bv pot (op roomys “skeppie) en mot (op horinkie)

Produksie
Nadat die kind ‘n rympaar geïdentifiseer het, kan hy aan nog woorde dink wat daarmee rym. Byvoorbeeld: pot en mot rym; rot rym ook met hulle.

Ouer kinders kan ook die rympare op sy/ haar witbordjie neerskryf.

Bonus-aktiwiteite
1 Assosiasie

Van die prente kan ook gebruik word om assosiasie-vaardighede te ontwikkel.

hen & pan : pas bymekaar omdat die hen ‘n eier lê wat jy in die pan kan bak
hout & leer : pas bymekaar omdat die leer van hout gemaak is
muis & kaas : pas by mekaar omdat die muis die kaas eet
net & vis : pas bymekaar omdat jy die vis met die net kan vang
rok & jas : pas bymekaar omdat jy albei kan aantrek
peer & lemoen : pas bymekaar omdat albei ‘n soort vrug is.
haas & slaai : pas bymekaar omdat die haas die slaai eet

2 Ekspressief
Beskryf die prent.
Maak ‘n sin met albei prente in die paar en skryf dit neer.
Dink aan byvoeglike naamwoorde wat by die prent pas.

Die prente kan ook gebruik word vir oefeninge vir ouditiewe analise, sintese, reeksgeheue en sluiting!

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.