R263.35

Resource Description

Met hierdie praktiese eenheidstudie gaan jy en jou dogter op ‘n reis waar jul die praktiese maar ook die Goddelike aspekte van huishoudingbestuur gaan leer. Of jy nou ‘n mamma is wat hierdie take as tweede natuur aangeleer het by vorige geslagte en of jy ‘n mammas is wat self ‘n hupstoot nodig het in die kombuis en in die algemene bestuur van ‘n huishouding, is hierdie die gids vir jou! Hierdie gids gaan jou leer van daaglikse, weeklikse, maandelikse en selfs jaarlikse take wat gedoen moet word in die huis. Elke afdeling handel oor ‘n vertrek in die huis, watter take moet gedoen word, hoe dit gedoen moet word en waarom dit gedoen moet word asook Bybelversies wat gebruik kan word om te memoriseer. Leer hoe om self eenvoudige skoonmaakmiddels te maak asook gasvryheid te praktiseer wanneer jul gaste ontvang. Jul gaste gaan verstom staan oor jou dogter(s) se vaardighede. Mag hierdie gids jul nader aan mekaar bring maar ook nader aan ons Skepper wanneer jul saam leer van die Goddelike rol van die vrou. Epos my gerus indien jy eers ‘n voorbeeld wil sien van hierdie gids (140 bladsye) Sinali Eenheidstudies

Resource Reviews

Store reviews: ( 1 rating )

No ratings have been submitted for this resource yet.