Resource Description

Dit is ‘n volledige pakket met ‘n PowerPoint (VIDEO SHOW), MP3 liedjie, PDF werkblad, PDF muurkaart, PDF flitskaart en inkleurblad. Die -oe- klank pakket is ideaal vir die aanleer, hersiening, verryking, leerondersteuning ens. van die -oe- klank. Dit kan ook help om lees en spelprobleme te voorkom. Die Pretletter Program is ‘n waardevolle hulpmiddel om kinders ouditief bewus te maak van klanke in die inisiële posisie van woorde. Luistervaardighede & ouditiewe prosessering van klanke word verbeter deur die gebruik van musiek, ritme, rym en genoegsame herhaling van die teikenklanke binne ‘n taalkonteks. Die program kan ook gebruik word vir artikulasie en fonologiese terapie, wanneer spesifieke spraakklanke aangeleer en tussen gediskrimineer word. Die program is ‘n uitstekende manier om kinders bekend te stel aan klanke en sodoende geletterdheidsvaardighede te ontwikkel wat op skoolvlak belangrik is om te leer lees en skryf.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this seller yet.

R30.00