R86.25

Resource Description

Die basis van taalontwikkeling word in die eerste ses jaar van ‘n kind se lewe vasgelê.

Hoe kan ek ‘n liefde vir spraak en taal by my kind vestig? Deur te PRAAT, PRAAT, PRAAT!

Hier is ongeveer 350 kaarte met ‘n prent en beskrywing by. Dit kan gebruik word om nuwe woorde aan te leer, om verbale begrip te verbeter en om sinne te vorm en te oefen.

Die 1-2 jarige kind sien die prente en hoor die woorde.

Die 2-3 jarige kind sê die basiese woord in die prent.

Die 3-5 jarige kind kan al in ‘n sin sê wat hy/sy sien en begin uitbrei daaroor.

Vir die 4-6 jarige kind kan daar al vrae gevra word oor die prent en verbeelding kan ontwikkel word.

Hierdie boekie kan dus vir ‘n paar jaar gebruik word. Lamineer die bladsye of knip die kaarte uit en lamineer dit vir langdurige gebruik. 

Resource Reviews

Store reviews: ( 10 ratings )

Baie mooi

Excellent and relevant to my grade 2 Afrikaans second Language class. Thank you

Lizelle Oti - January 29, 2024