Resource Description

Die toets bestaan uit twee afdelings (begrip en taal). Onder elke afdeling is daar twee vrae. Vraag 1- Berig verwerk uit Maroela Media oor ‘n negejarige wat die hoogsbetaalde Youtuber is, met begripsvrae wat volg, totaal van 10 punte. Vraag 2 is twee skermgrepe uit ‘n Youtube video in verband met die berig in Vraag 1 waarop visuelebegripsvrae volg, toaal van 5 punte. Vraag 3 is 10 woordstrukture in die konteks van ‘n paragraaf wat ook verband hou met die berig in vraag 1, totaal van 5 punte. Vraag 4 is verskeie sinstrukture wat se inhoud verband hou met dieselfde tema as voorgenoemde vrae, totaal van 10 punte. Die toets se groottotaal is 35. Die toets is in MS Word formaat sodat dit aangepas kan word volgens elke skool se vereistes. Die leerders vind aanklank met die tipe teks omdat hulle deel is van die tegnologiese generasie. Voorgeskrewe gedigte kan maklik bygevoeg word omdat die vrae in tabel formaat opgestel is waarvan die lyne nie sigbaar is nie, maar mens maklik enige vrae kan byvoeg. Die vraestel sluit ook nasienriglyne in. Maruschka Marais

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 4 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R40.00