Resource Description

Dit is belangrik vir kinders om van kleintyd te oefen om te luister en te lees met begrip. Dit wat hulle ouditief sowel as visueel waarneem, moet hulle suksesvol kan weergee. Al is dit in die vorm van korrek oorvertel. Om te verstaan wat hulle hoor en lees, gee hulle ‘n voorsprong op alle gebiede en help hulle met al hulle vakke in die toekoms. Daarom het ek ‘n lywige werkkaart boekie ingesluit op TEACHA wat handel oor leesvaardigheid en lees met begrip. Ons kan dit ook toepas in wiskunde. Later gaan dit ‘n fundamentele deel uitmaak van wiskunde woordsomme, waar kinders moet lees, verstaan en ‘n opdrag uitvoer met sukses.

Dit is ‘n lywige werkkaart boekie, maar dit is om vir opvoeders ook ‘n idee te gee, hoe hulle lees met begrip kan toepas in ander vakke, soos wiskunde. Die werkkaart boekie kan as ‘n deel gebruik word of as ‘n eenheid. Wat vir juffrou die maklikste werk met die kinders in jou spesifieke klas.

Juffrou kan hierdie werkkaarte gebruik net soos dit vir haar die beste werk. Jy kan dit aflaai, ‘n gedeelte druk of alles tegelyk. Jy kan dit lamineer, knip, gebruik as klank kaarte, woorkaarte, leeskaarte, sins kaarte, vraag kaarte, volgorde van storie en nog vele meer. Gebruik die werkkaarte soos dit in jou klas effektief kan help en sodat elke kind baat vind daarby.

Skakel na die video oor getal 0 – 10 – Pierewiet se avonture – Julle gaan dit baie geniet.

Gaan snuffel gerus rond in my TEACHA winkel vir nog werkkaarte in AFRIKAANS en ENGELS:
https://teachingresources.co.za/vendors/i-canek-kan-pleasant-memories-for-educators/

Daar is ook nog heelwat ander videos beskikbaar op my kanaal in die Afrikaanse leesprogram reeks. Dit kan gesamentlik met enige bestaande program gebruik word.

Oorweeg ook gerus om te SUBCRIBE op my YOUTUBE kanaal. Deel en gebruik na hartelus. Daar is al reeds meer as 230 videos en die kanaal groei steeds. Die videos handel oor ‘n verskeidenheid konsepte van taal, wiskunde, lewensvaardigheid tot die hele ABC in stories vir lees en skryfwyse.

Hier is die skakel: (Click daarop en druk die rooi SUBSCRIBE knoppie)
https://www.youtube.com/channel/UCdUKSVdrwwJRssD2LRVYQtQ

Daar is ook werkkaarte beskikbaar op TEACHA oor hierdie wiskunde getal begrip storie wat fokus op SYFERVAARDIGHEID:
https://teachingresources.co.za/?post_type=product&p=42742

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R29.00