Resource Description

Ek deel graag met julle my LEES EVALUERING dokumente. Juffrou kan dit alles aanpas om te gebruik soos dit haar pas. Hierdie is slegs ‘n voorstel wat ek gebruik en dit werk heerlik vir my. Daar is ‘n voorbeeld van ‘n eenvoudige verslag ingeluit met ‘n voorblad wat verduidelik hoe dit benut kan word. Dan het ek ook evaluerings papiere ingesluit wat ek vir elke kind druk en daarop afmerk. Ek gebruik die voorblad om die kind se naam op te skryf en dan is die pakkie mooi bymekaar om rekord te hou.

Daar is verskillende evaluerings papiere vir verskillende tye van die jaar. Jy is meer as welkom om dit aan te pas en die klanke wat aangeleer is te verander. Hierdie is net ‘n voorbeeld wat effektief werk.

Hoe ouer die leerlinge, hoe minder gaan ons fokus op die klanke toets en fokus op die leesspoed en lees begrip.

Ek gebruik tans ACADEMIX leesprogram. Dit is ‘n afrikaanse en Engelse program wat lees op verskillende maniere aanbied en leesspoed kan ook vasgestel word, sowel as lees met begrip vrae. Daar kan ook rekord gehou word van elke kind se vordering.

Skakel na ACADEMIX leesprogram inligting:
http://academix.co.za/

Ek gebruik ook gewoonlik ‘n oulike video as ysbreker. Sodoende kan ek vasstel wat is die algemene taalgebruik en sosiale vaardighede van elke leerder. Ek vra verskeidenheid vra bv. Hoekom dink jy moet ons kan lees? Wat wil jy eendag word? Dink jy jy sal dit kan word as jy nie kan lees nie? ens.

Die video wat ek gebruik vir ‘n ysbreker kan jy kry op my GRATIS OPVOEDKUNDIGE YOUTUBE kanaal:

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R29.00