Resource Description

Hierdie is die 4de MP4 Video (PowerPoint Video Show) plus ‘n GRATIS PDF WERKBOEK, om jou te help by die huis (Home School) of in die klas. In hierdie boek gaan die kinders nog meer avonture van toevallige lees ontdek. Meer sigwoorde gaan geleer word. Kort sinne met die nuwe woorde gaan ook gelees en gebou word. Baie herhaling word gebruik, om seker te maak, dat die fondasie van lees stewig gevestig is. Ben, Mia, Babsie & Wollie gaan help om die verveligheid van die lees meer interessant te maak. As die kinders nog nie die klanke van die alfabet ken nie, sal my voorstel wees, dat jy eers die volledige Pretletters met musiek se klankeprogram gebruik. Dit is ‘n uitstekende program wat met die gebruik van liedjies en pretaktiwiteite die klanke aanleer, hersien en vaslê. Dit kan ook gebruik word vir leerondersteuning en ekstra verrykingswerk. Dit help ook met lees en spelprobleme. DIE AVONTURE VAN LEES & WISKUNDE

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this seller yet.

R25.00