Resource Description

Hierdie is die 2de MP4 Video (PowerPoint Video Show) plus ‘n GRATIS PDF WERKBOEK en PDF SPELLYS. Dit is om jou as ouer/tutor of onderwyser te help by die huis of in die klas. In hierdie videos en werkboeke gaan die kinders nog meer avonture van toevallige lees ontdek. Die kinders gaan aan nog meer glyklanke en sigwoorde blootgestel word. Kort sinne gaan ook gelees word. As kinders nog nie die klanke van die alfabet ken nie, sal my voorstel wees, dat jy eers die volledige Pretletters met musiek se klankeprogram gebruik. Dit is ‘n uitstekende program wat met die gebruik van liedjies en pretaktiwiteite die klanke aanleer, hersien en vaslê. Dit kan ook gebruik word vir leerondersteuning en ekstra verrykingswerk. Dit help ook met lees en spelprobleme.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this seller yet.

R25.00