Resource Description

Hierdie MP4 Video (PowerPoint) plus ‘n GRATIS PDF WERKBOEK is om jou as ouer/tutor of onderwyser te help by die huis (Home School) of in die klas. In die video en boek gaan die kinders die lekkerste avonture van toevallige lees ontdek. Aan die einde van die video en werkboek 1, sal jou kind kan lees & kort sinne skryf. Die program begin heel eerste met die herkenning van klanke. Dit is om vas te stel watter klanke van die alfabet jou kind ken en nie ken nie. In die video en werkboek gaan die klinkers (a,o,e,i,u,) saam met die medeklinkers (res van die alfabet) gevoeg word. Die leesprogram is ‘n kombinasie van klankherkenning en byvoeging van glyklanke. ‘n Paar sigwoorde word ook aangeleer en die video eindig met 3 kort sinne wat die kinders met selfvertroue sal kan herken, lees, herhaal of hersien. As kinders nog nie die klanke van die alfabet ken nie, sal my voorstel wees, dat jy eers die volledige Pretletters met musiek se klankeprogram gebruik. Dit is ‘n uitstekende program wat met liedjies en pretaktiwiteite die klanke aanleer en vaslê.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this seller yet.

R50.00