Resource Description

Hierdie kaartjies dien as skryfwenke of “writing prompts”’ om leerders te inspireer om lekker lawwe sinne te vorm en dan daaroor te skryf.
Die idee is dat die juffrou die kaartjies deurmekaar op ‘n tafel moet neer sit. Die leerder het dan ‘n spesifieke hoeveelheid tyd waarin hy/sy ‘n kleur kaartjie moet paar met die kleur verf kolle (op verf-kolle bladsy-juffrou knip dit uit en plaas in die volgorde: rooi, oranje, geel, groen en blou)
Sodra die leerder se tyd verby is en al die verf-kolle het ‘n kleur-kaartjie maatjie het, kan die leerder sy sin hard-op lees vir die klas.
Die juffrou kan dan besluit oor die hoeveelheid wat die leerder/s moet skryf oor die lawwe kleur sin, byvoorbeeld ‘n paragraaf of ‘n storie.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 2 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

Afrikaanse “writing prompts’ kaartjies

R20.00