R11.50

Resource Description

Hierdie VOORBEELD boekie bestaan uit 20 bladsye en bevat ‘n paar voorbeelde van die pakket.

Die VOLLEDIGE pakket bevat die volgende:

Hierdie is ‘n REUSE pakket wat 330 bladsye bevat.

Die pakket is opgestel om klankies aan die kind bekend te stel, asook EKSTRA HULP vir kinders wat sukkel met lees / klankies.

Daar is 2 boekies:

1. Kleine Wolfie leer van klankies (235 bladsye)

– Bestaan uit die 26 letters van die alfabet.

– Elke alfabet letter het ‘n unieke, pret storie en illustrasie om die klankie aan die kind bekend te stel.

– Flitskaarte met woorde – knip dit uit, die kind herken die prente en pas die woord daarby.

– Soek die letters en kleur dit in.

– Sensoriese aktiwiteit van elke letter.

– Die kind trek die letter se rigting met sy/haar vinger na.

– Soek letters in tydskrifte en plak dit.

– Oefen om die hoofletter en kleinletter te skryf.

– Knip aktiwiteit: plak die prent in ‘n blok wat met die klankie begin.

– Alfabet letters om te lamineer en woorde te bou.

– Woordsoek: Kyk na die prente en vind die woord tussen verskillende letters.

2. Kleine Wolfie leer lees (95 bladsye)

– 10 Kort stories (meestal 3-letter woorde) met pragtige prente sodat woorde maklik herken kan word.

– Groot sigwoorde in blokke om te lamineer en vir vaslegging van woorde te gebruik.

– Woordsoek aktiwiteit na elke storie om die sigwoorde vas te lê.

Hierdie pakket is digitaal in PDF-formaat en moet self geprint word.

Wolfie Designs is trots op KWALITEIT werk! 

Resource Reviews

Store reviews: ( 10 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.