Resource Description

Hierdie produk bevat drie aktiwiteite wat ideaal is vir groepwerk of as ‘n individuele aktiwiteit sodra die klaswerk voltooi is.

Aktiwiteite sluit in:

1. Rolspel
Hierdie speletjie bestaan uit 6 klasreëls. Nadat die dobbelsteen gerol is, moet leerders die aksie voor die klas uitvoer. Alternatiewe dobbelstene is ook beskikbaar wat leerders die geleentheid gee om hul eie dobbelstene te maak. Die dobbelstene is beskikbaar in kleur en swart+wit.

Reëls sluit in: Wees mooi met jou maats, luister mooi na jou juffrou, moenie in die klas hardloop nie, kyk mooi na jou skryfbehoeftes, steek jou hand op as jy ‚n vragie het, stoot jou stoel in wanneer jy jou tafel verlaat.

2. Klasreëls-legkaart
Hierdie aktiwiteit bevat 20 klasreëls. Leerders moet die reël by die prentjie pas.

Reëls sluit in: Respekteer ander, kyk mooi na jou skryfbehoeftes, sit reg op jou stoel, onthou goeie maniere, steek jou hand op,hou die klas skoon, hou jou werkstasie netjies, help ander in nood, volg instruksies, respekteer skooleiendom, jy mag nie maats boelie nie, praat altyd die waarheid, wees kreatief, om te deel is om om te gee, dra jou masker, hou afstand tussen maats, staan mooi in jou ry, gebruik toerusting korrek.

Die legkaart is in kleur en twee legkaarte per A4-bladsy beskikbaar.

3. Klas reël domino’s
Ideaal as `n groepsaktiwiteit en beskikbaar in kleur. 6 Reëls word in hierdie aktiwiteit gedek.

Die reëls sluit in: Staan mooi in jou ry, steek jou hand op, geen slegte woorde nie, respekteer ander, volg instruksies, hou die klaskamer skoon.

Elke domino-blok meet ongeveer 12 × 8 cm.

Dankie vir U ondersteuning!

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 1 rating )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R15.00