Resource Description

Die wiskundige begrip van geld is baie abstrak vir die jong kind. Hierdie werkkaarte volgens die GRATIS YOUTUBE video, beoog om die jong kind bloot te stel aan die verskillende Suid-Afrikaanse munte en note, asook sente en Rande.

Die hulpmiddels sluit in: klaskamer plakkate, groot drukbare note en munte vir groot motoriese aktiwiteite asook erkenning, kleiner drukbare munte en note vir individuele aktiwiteite tydens die video of inoefening, prente om die video interaktief te maak.

Die munte en note is uniek ontwerp. Juffrou kan vir die kinders ook die oorspronklike voorbeelde wys, maar vir plagiaat doeleindes, is dit uniek met oorspronklike ooreenkomste. Juffrou kan die groter note en munte met gemak druk, lamineer, knip en groot motoriese aktiwiteite daarmee speel bv. Gaan staan links van die Tien Rand, gaan staan agter die Twintig Rand en klap jou hande twintig keer ens.

Die kleiner munte en note is so ontwerp dat juffrou of die leerling dit maklik kan uitknip. Die weergawe kan by die leerlinge se tafels gebruik word. Daar kan meer as een kopie ook gedruk word om somme te bou met die muntstukke en note.

Die geld voorbeelde is beskikbaar in kleur en in swart en wit.

Geniet dit om van ons Suid-Afrikaanse geld te leer. Vertel ook sommer vir kinders hoe belangrik dit is om te spaar en om ander kinders, sowel as hulle eie besittings mooi op te pas.

Die video wat direk verband hou met hierdie hulpmiddels:

Dan volg daar talle geld bewerkings. Daar word tyd gegee vir die kinders om self te besluit oor antwoorde.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R29.00