Resource Description

Hierdie werkkaarte volgens die YOUTUBE video is spesifiek ontwerp vir die jong kind. Hulle kyk self na die video en voer die opdragte m.b.v. die video instruksies. Juffrou gee deurentyd leiding en stop die video om aktiwiteite aan te pas of in te skerp.

Skrif begin by die liggaam. Die jong kind moet bewus wees van al sy liggaamsdele. Posisie in die ruimte moet ook goed vasgelê wees. Daarna is dit belangrik om die kind toe te laat om te teken. Deur skryf rigting lyne bekend te maak (reguit lyn, stippel lyn, sirkel, tik-tak lyne, hasie hop, gly, stertjie en kolletjies) kan die kind self eksperimenteer terwyl hy teken.

Groot bewegings met dik vetkryte word eers voorgestel en daarna gaan ons oorbeweeg na kleiner werksvelle. Die kinders moet skrifpatrone asook heelwat later… letters ervaar met hulle sintuie.

Daar is talle idees aangeheg aan die einde van die video wat juffrou kan gebruik tydens ‘n informele skrif les vir die kleuters.

Die skakel na die video wat die kleuter begelei tot skryf:

Daar is ook ‘n opvolg video wat vir die kinders bedoel is wat formeel skrif moet oefen. Gebruik en deel gerus.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 5 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R29.00

All the resources available in our TEACHA shop are for personal use only. If you buy any resources from us, you are not allowed to share or distribute any copies to someone else. The resources are only for your own use in your classroom or for your child. You are in no way allowed to copy and paste any part of our resources to use in other resources or sell in any other bundles.