R34.50

Resource Description

Hierdie Bingo speletjie is ‘n hersiening/ opsomming speletjie vir wanneer die kwartaal se werk klaar is, of net voor ‘n toets of eksamen. My leerders is mal hieroor en kan nie genoeg daarvan kry nie. Dit neem nie lank vir hulle om hierdie feite te leer nie. Dit is ook in Engels beskikbaar.
Daar is 35 verskillende kaarte, elk met 16 uit ‘n moontlike 24 woorde. Die beskrywings vir elke woord, word gegee in die PDF dokument.  Vou hulle op en sit in ‘n houer om willekeurig uit te trek, of lamineer en skuiffel.
Daar is een kaart per bladsy.
Leerders kan ‘n pen gebruik om antwoorde af te merk. As dit gelamineerd is kan hulle witbordmerkers gebruik word. Jy kan ook bladsy 5 of 6 in hierdie dokument druk en lamineer. Die kinders kan die blokkies uitknip en gebruik om die antwoorde af te merk.
Ek hou van terugvoering. Ek sal dit waardeer as jy terugvoering in my winkel kan gee.
Jy mag nie die inhoud van hierdie dokument verkoop, deel of herversprei nie. Ms W’s Resources

Resource Reviews

Store reviews: ( 16 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.