Resource Description

Tuisstudie is ‘n tydelike oplossing vir kinders in hierdie moeilike tyd. Hierdie produk is ideaal vir tuisstudie met behulp van ‘n ouer. Die skyfievertonings is interessant en volg die kurrikulum. ‘n Gestruktureerde tyd elke dag vir studie sal u kinders help om besig en positief te bly. Ek het ‘n 15% afslag op al my Kwartaal 2 produkte om die koste vir ouers te verminder.

Hiuerdie produk bevat Gr.5 Geskiedenis volledige Kwartaal 2 opsommings, in Powerpoint met pragtige leersame illustrasies en addisionele PDF opsomming.

Onderwerpe:
2.1: Wanneer, waarom en waar die 1ste Afrika-boere hulle in SA gevestig het
2.2: Wonings & dorpies
2.3 Landbou: gewasse en vee
2.4 Sosiale, politieke en ekonomiese strukture
2.5 Beeste was baie belangrik
2.6: Werktuie & wapens van yster & koper
2.7: Kleiware
2.8: Ruilhandel
2.9: Godsdiens, medisyne en genesing
2.10: Jag

Geskik vir behandeling in klastyd, of vir eksamenvoorbereiding.

Wat is ingesluit?

68 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng

15 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders

Let wel: Die afbakenings vir toetse/eksamens verskil per skole, die skyfievertoning kan daarvolgens aangepas word.

Hierdie produk mag nie herverkoop word nie.

Onderwysers: Die Powerpoint is slegs vir aanbieding in klaskamers. Die PDF mag u uitdruk en aan u leerders in u klaskamer verskaf, of elektronies aanstuur, Indien u tuisstudie wil aanbeveel met die Powerpoint vir u studente, rig asb. ‘n versoek aan ouers om hierdie produk aan te koop.

Een produk per huishouding vir alle kinders in u eie huishouding.

Let wel: Alle prente gebruik is die kopiereg van Netwerk Plus en mag nie hergebruik word vir ander produkte nie, maar wel vir eie opsommings en take.

Baie dankie, en ek hoop u geniet die produk.

Venita Oberholster
Netwerk Plus

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 94 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

Pragtige leerhulpmiddel vir Graad 5 Geskiedenis – Kwartaal 2: Eerste boere in SA – Powerpoint; PDF opsommings

R40.00