Resource Description

Hier is die eerste Pakket (Pakket 1/4) in ons Afrikaanse lees program.  Ons lees program is heeltemal ander as enige ander lees program beskikbaar op die mark. Al ons lesse loop hand aan hand met Video’s. Die hulpmiddels word gebruik om die video’s te omskep in volwaardige lesse. Elke pakket bestaan uit 10+ Video’s sowel as 10 PDF lesse wat gebasseer is op die video’s. Elke Les bevat hope en hope hulpmiddels vir jou. Die hulpmiddels is so ontwerp dat jy jou eie kreatiwiteit kan gebruik om nog idees by jou les te voeg.  Ons hulpmiddels is so ontwerp dat jy dit met gemak kan uitdruk (daar is kleur sowel as swart-en-wit opsies beskikbaar – kies die bladsye voordat jy print). Ons stel voor dat jy die hulpmiddels lamineer, dan kan jy dit jaar na jaar gebruik.  Daar is ook ‘n PDF bladsy ingesluit met wenke vir aanbieding van ons program. Elke les sluit ook ‘n voorgestelde beplanning in.

Ons hulpmiddels help jou om ons GRATIS YOUTUBE VIDEO’S te omskep in volwaardige lesse. Die hulpmiddels sluit ALLES in wat jy nodig het om jou les interaktief aan te bied. Prent kaarte, Plakkate, klank kaarte, woord kaarte, lees kaarte, huiswerk opdragte, beplanning en nog vele meer.

Al die skakels vir die videos wat jy gaan nodig hê vir die aanbieding van hierdie les is aangeheg vir jou gerief in ‘n Powerpoint dokument. “Copy en Paste” die skakels in GOOGLE om direk herlei te word na jou GRATIS video/videos vir die les.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 5 ratings )

July 28, 2018 Anja Smit

R299.00