R115.00

Resource Description

Die getalpeletjies hulpmiddel sluit ‘n verskeidenheid speletjies in om getalkonsepte te ontwikkel en die korrekte vorming en skryf van getalle aan te moedig.

Syfervaardighede sluit vaardighede in soos getalbegrip (begrip van hoeveelhede), die vermoë om te tel en getalle te kan skryf. Dit verwys ook na konsepte soos meer en minder, groter en kleiner. Kinders leer ook om te verstaan dat getalsimbole ‘n hoeveelheid verteenwoordig (7 beteken dieselfde ding as sewe), om getalle te kan vergelyk (10 is meer as 7) en die volgorde van getalle te begryp ( 1ste, 2de, 3de, ens.).

Die hulpmiddel bestaan uit ‘n verskeidenheid semi-konkrete aktiwiteite, bordspeletjies en werkkaarte om vroeë wiskundige konsepte vas te lê. Die hulpmiddel sluit ook grof-motories en fyn-motoriese aktiwiteite in om die aanleer van syfers op ‘n ouderdomsgepaste en lekker manier vas te lê. Motoriesevaardigheids-ontwikkeling word ondersteun en die aanleer van wiskundige konsepte deur middel van spel gefasiliteer. Die hulpmiddel kan gebruik word in groepaktiwiteite / matwerk in die klaskamer of vir ouers wat syfervaardighede op ‘n prettige en speelse manier wil ontwikkel.

Hierdie hulpbron bevat die volgende:

Speelklei-matte, semi-konkrete mat-aktiwiteite, bordspeletjies, en werksvelle (56 bladsye). Kan gelamineer word om maklike skoonmaak vir hergebruik te verseker.

‘n Kort video met korrekte vorming van syfers 1 tot 10 en ‘n strategie om omkering van getalle te voorkom wanneer dit geskryf word.

Hierdie hulpbron is geskik vanaf die ouderdom van 4 jaar en ouer. Dit kan ook gebruik word as remediërende intervensie vir ouer leerders met spesifieke leerprobleme wat sukkel met getalkonsepte en getalvorming.

Resource Reviews

Store reviews: ( 1 rating )

No ratings have been submitted for this resource yet.