Sewe gegradeerde aktiwiteite vir die ontwikkeling van lettergreep-manipluasie (fonologiese bewustheid)

R28.75

Resource Description

Fonologiese Bewustheid
Lettergreep-manipulasie

Doel: Ontwikkeling van die bewustheid van lettergrepe in
woorde met behulp van MANIPULASIE-oefeninge

Ingesluit:
VLAK 1: Bou die legkaarte, MAAR maak nuwe dierename op! luikoei (luiperd & koei), seeperd (seebra & kameelperd), kabra (kameelperd & seebra), seefant (seekoei & olifant), olieperd (olifant & luiperd), ensovoorts

VLAK 2: Doen dieselfde oefening (ouer kinders wat reeds kan lees), maar gebruik die getikte woorde. Deel die woorde in lettergrepe, knip dit los van mekaar en maak nuwe diername op!

VLAK 3: #1 Bou dieselfde dierename met blokkies of knope. Gee vir die kind bv 2 blou blokkies en 1 wit blokkie. Die wit blokkie is die lettergreep “roos”. As jy bv kameelperd bou en jy vervang die 2de lettergreep met roos= karoosperd, jagroosperd, kroroosdil ens. Dieselfde kan met 2 lettergrepe gedoen word. #2 Dink aan maatjies se name en vervang die eerste/ tweede/ derde lettergrepe met ‘roos’. # 3 Pak ‘n denkbeeldige piekniekmandjie met komkommer, tamatie, pynappel, toebroodjie, vrugtesap, en pasteitjies. Sê die woord en die kind moet dit herhaal met ‘piek’ in die plek van enige lettergreep. Bv: tamatie —-tamapiek/piekmatie

VLAK 4: #1 Lettergreep-vervanging en #2 Lettergreep–draai LYSTE

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.