R115.00

Resource Description

ie Figuur-Grond Persepsie-hulpmiddel is ontwikkel deur ‘ n arbeidsterapeut om visuele persepsuele ontwikkeling te ondersteun. Hierdie hulpbron fokus op Figuur-Grond Persepsie en sluit inligting oor persepsuele-ontwikkeling, speletjies, aktiwiteite en werkkaarte in.

Figuur-Grond Persepsie verwys na die vermoë om ‘ n voorwerp in ‘ n besige agtergrond te sien. Hierdie vaardigheid stel ons in staat om tussen visuele stimuli te onderskei, of visuele inligting tussen ander stimuli (agtergrond) raak te sien. Die verwerking van visuele figuur-grond help om die inligting wat ons in ons omgewing sien, te organiseer. Dit kan simbole, figure, voorwerpe, getalle, letters of woorde insluit en vorm ‘n belangrike bousteen van die vroeë ontwikkeling van geletterdheidsvaardighede.

Hierdie hulpbron sluit verskeie aktiwiteite in om visuele persepsuele ontwikkeling vir kinders tussen die ouderdomme van 4 jaar en 7 jaar te stimuleer en te ondersteun. Makliker en moeiliker werkkaarte is ingesluit. Dit kan ook gebruik word vir ouer kinders met leer- of ontwikkelingsagterstande en spesiale behoeftes.
Beskikbaar in beide Afrikaans en Engels.

Hierdie hulpbron sluit die volgende in:

-Visuele persepsuele speletjies (druk en gelamineer)
-Verskeie werksvelle vir konsolidasie.
-Speletjies en werkkaarte kan ook gebruik word om sortering, kategorisering, vormkonstandheid, ouditiewe persepsie, luistervaardighede, fynmotoriese vaardighede te ontwikkel.
-Visuele Figuur-Grond Persepsie inligting, riglyne, en instruksies vir gebruik.

Geskik vir ouderdomme 4 jaar en ouer.

59 drukbare bladsye (PDF) WriteAbility

Resource Reviews

Store reviews: ( 1 rating )

No ratings have been submitted for this resource yet.