R55.20

Resource Description

Ek leer my klanke.
Die boek is ontwikkel volgens die vereistes, beginsels en doelwittevan van die Kurrikulum en Assesserings Beleidsverklaring. Dit kan
dien as hulpmiddel in Gr R en Gr 1 om leerders te begelei om klanke teherken en te skryf en later woorde en sinne te lees en te skryf.
In hierdie boek word leerders bewus gemaak van en voorgestel aanklanke. Spraak bestaan uit n reeks klanke en leerders ontwikkel n
visuele beeld van die lettervorms en leer om letters te assosieer met klanke. Hulle word bewus gemaak dat klanke woorde vorm en
woorde dan sinne. Deur die betrokke letter op die linkerkantste bladsy herhaaldelik oor te trek, leer hul om dit van die begin af
korrek te vorm en te herken. Deur ontwikkeling van ouditiewe en visuele assosiasie, leer hul om elke letter met sy klank te
assosieer. Terwyl leerders die klank met sy prent (en woord) op die regterkantste bladsy “lees”, ontwikkel hul die korrekte oogbeweging
van links na regs. Deur elke bladsy dikwels te “lees” terwyl hul die betrokke klank leer, sal hul deur “toevallige lees” ook van die
woorde onthou en elders herken. Dit sal as aansporing dien en n begeerte wek om meer te ervaar van die wonderlike wereld van
woorde in boeke!
Na elke paar klanke is ‘n bladsy met woorde wat eers net geklank en gesê word en later gebou word met die klankies wat agter in die
boek voorsien word. Wanneer hul meer selfvertroue het, kan leerders die woorde in die hokkie onder elke woord skryf.
Geniet hierdie nuwe ervaring saam met die leerders!

Resource Reviews

Store reviews: ( 0 ratings )

No ratings have been submitted for this seller yet.