R40.25

Resource Description

Woordfamilies met i.
Hierdie boek is ontwikkel volgens die vereistes, beginsels en doelwitte van die Kurrikulum en Assesserings Beleidsverklaring. Die boek sal met vrug gebruik kan word wanneer leerders onder ons leiding begin om die saamvloei van klanke te gebruik om woorde te vorm. Hier word leerders voorgestel aan i-woorde. Op Bl 3 en 4 word i-woorde aanvanklik net eers geklank en gesê en dan gebou met die losgesnyde klanke wat agter in die boek voorsien is. Dit kan herhaaldelik gedoen word. Wanneer hul meer selfvertroue het, kan leerders die korrekte woorde in die oop hokkies onder die getikte woorde skryf, Ons identifiseer ook rymwoorde.
Leerders moet aangemoedig word om die swart en wit prentjies in te kleur aangesien die oefening belangrik is vir fyn motorise ontwikkeling. Dit laat ook elke leerder se individuele stempel op sy/haar boek of blad. Sommige prente is gekleurd om die boek prettig en mooi te maak.
Met interessante oefeninge in die boek, soos die blokraaisels, woordsoek en die speltjie, onder andere, word die leerders gemotiveer om die woorde talle male te herhaal (deur te lees en te skryf) en sodoende word dit vasgelê.
Hierdie boek kan aanvanklik klassikaal gebruik word. Daarna kan leerders volgens eie vermoë en tempo vorder. Sommige leerders sal byvoorbeeld nog besig wees met woordbou onder juffrou se toesig terwyl ander leerders al gereed sal wees om die blokraaisel in te vul.
Al die leerders hoef nie aanvanklik die boek te voltooi nie, maar slegs die basiese werk doen. Leerders wat meer oefening nodig het, kan nog herhaling doen vir vaslegging en die laaste bladsye doen wanneer hul gereed is daarvoor.
Sommige werkvelle kan ook eers mondeling gedoen word en later skriftelik voltooi word. Leerders sal nog ondersteuning nodig hê om die lees van sinne baas te raak. Mettertyd sal hul met meer selfvertroue die sinne self kan lees.
Leerders kan ook in pare of in groepe werk.Die bladsye is juis nie genommer nie sodat elke onderwyseres dit kan gebruik soos sy verkies en ook volgens die leerders in haar klas se behoeftes. Die speletjie agter in die boek kan op karton geplek word. Dit moet uitgesny word soos aangedui en dan gepak word. Wanneer ‘n leerder hierdie boekie voltooi het, behoort hy/sy i-woorde met gemak te kan lees en skryf.

Resource Reviews

Store reviews: ( 0 ratings )

No ratings have been submitted for this seller yet.