Resource Description

‘n Prettige storieboek met pragtige illustrasies om die klein- en hoofletters maklik en vinnig vir kinders te leer.
69 bladsye gevul met oefeninge en werkskaarte vir die jongspan.

Die boekie is geskik vir kinders in Gr. 0, Gr. 1 en Gr. 2.

Gebruike:

1. Voorbereiding vir Gr. 0 en G.1 om die kleinletters van die Alfabet te leer en te herken.
2. Die boekie kan ook gebruik word as ‘n leesboekie vir Gr. 2.
3. Oefen om die kleinletters te skryf.
4. Herkenning van net die kleinletter en aan die begin van ‘n woord.

Instruksies:

* Lees die storie vir die kind en wys vir hom/ haar die letters en prentjies.
* Gebruik een letter per dag of per week.
* Voltooi die aktiwiteite vir die gekose letter (Sien verduideliking hieronder).

Aktiwiteite:

1. Vra die kind om die letter, op elke bladsy, se kolletjies in volgorde te verbind met ‘n potlood. Deur die letter na te teken leer die kind die letter se vorm en versterk die hand se spiere.
2. Vra die kind om die letter in die sirkels te soek en in te kleur (letter herkenning).
3. Skommel die stel kaarte met die addisionele prentjies.
4. Vra die kind om die korrekte prentjie/s by die korrekte alfabet letter te pas.

Die boekie is geskik vir kinders in Gr. 0, Gr. 1 en Gr. 2.

Gebruike:

1. Voorbereiding vir Gr. 0 en G.1 om die hoofletters van die Alfabet te leer en te herken.
2. Oefen om die hoofletter te skryf.
3. Herkenning van net die hoofletter en aan die begin van ‘n woord.

Instruksies:

* Gebruik een letter per dag of per week.
* Voltooi die aktiwiteite vir die gekose letter (Sien verduideliking aan die begin van elke aktiwiteit).

Aktiwiteite:

1. Teken die hoofletters oor met ‘n potlood.
2. Kleur die hoofletters in of plak met plakkers.
3. Soek die regte hoofletter en kleur in of merk met ‘n potlood.
4. Soek die regte hoofletter en pas die prentjie by die hoofletter.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this seller yet.

R80.00