Resource Description

Die storieboek en aktiwiteite is geskik vir kinders tussen die ouderdom van 2 en 3 jaar oud.

Emosies is ‘n abstrakte konsep en kan moeilik wees om vir ‘n kind te verduidelik. Dit is belangrik om jou kind so vroeg moontlik te leer van emosies, want emosies beïnvloed elke besluit wat hulle neem.

Kinders wat hulle emosies verstaan is minder geneig om verkeerd op te tree. ‘n Kind wat kan sê: “Ek is kwaad” is minder geneig om aggressie te gebruik om hulself uit te druk.

Om jou kind te leer van emosies help om hulle emosioneel sterker te maak en help hulle om te verstaan hoe hulle voel. Dit leer hulle hanteringsvaardighede en gee hulle die selfvertroue om die dinge wat die lewe na jou kant toe gooi, effektief te kan hanteer.

Wat kan my kind leer:

1. Emosies: Deurmekaar, gelukkig, hartseer, kwaad en bang.
2. Leer jou kind om te beskryf hoe hulle voel.
3. Brei woordeskat uit.
4. Herken gesigsuitdrukkings.

Wat is ingesluit:

a. Geillustreerde storieboek.
b. Emosies wiel.
c. Bonus idees om by die huis te doen.
d. Emosies blok.
e. Bestuur groot emosies – wenke en oefeninge. 

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this seller yet.

R50.00