Boustene vir lees – Hulpmiddels & BONUS video
R11.50
Resource Description
Om suksesvol te kan lees, moet daar sekere BOUSTENE in plek wees. Kinders moet eerstens hulle klanke sowel as klank kombinasies baie goed ken (en ook bewus wees van verskillende aksente en dat ‘n mens ander se aksente moet respekteer). Indien klanke baasgeraak is, kan woorde aangepak word. Daarna kan ons oorgaan om sinne te lees en dan paragrawe. Die uiteindelike doel is om die kinders te motiveer om ‘n heerlike storie of feite boek te kan lees met begrip. Hierdie hulpmiddels en BONUS video verduidelik vir die kinders hoe belangrik is die boustene vir lees met die vergelyking van ‘n huis. Indien ‘n huis se fondament nie stewig is nie, dan sal die huisie inmekaar tuimel.