Resource Description

Juffrou kan kinders lei om op 2 maniere nuwe inligting te leer. Nommer 1 – doen aktiwiteite wat GROOT impak het op jou sodat jy die nuwe inligting vinnig en altyd onthou. Nommer 2 – herhaling, herhaling, herhaling. Die kinders word ook gelei om vir hulleself te dink deur kreatiewe maniere te vind om te leer en te lees.

Hierdie hulpmiddels en werkkaarte volgens die GRATIS YOUTUB video leer vir kinders die dubbelklanke aan op beide leer maniere. Die dubbelklanke word dan in woorde geklank deur ‘hopscotch’ te speel. Die kinders gebruik dus hulle hele liggaam om die klanke aan te leer en saam te voeg in woorde. (analise en sintese)

Die woorde word dan saamgevoeg om sinne te vorm. Die kinders word gelei om die woorde in die korrekte volgorde te voeg om sinne te vorm wat taalvaardig korrek is. Rym word ook kortliks weer herhaal.

Daar is talle hulpmiddels ingesluit om die video interaktief te maak. Klank kaarte (dubbelklanke) , klank kaarte om woorde te bou tydens hopscotch (gekleurd vir makliker sortering), woord kaarte (flitskaarte) , woordkaarte (vir sinsbou aktiwiteite – gekleurd vir makliker sortering), huiswerk leeskaarte en ‘n volledige uiteensetting vir die aanbieding van die les is ook ingesluit vir juffrou se gerief.

Al die skakels vir die videos wat jy gaan nodig hê vir die aanbieding van hierdie les is aangeheg vir jou gerief in ‘n Powerpoint dokument. “Copy en Paste” die skakels in GOOGLE om direk herlei te word na jou GRATIS video/videos vir die les.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R49.00