Resource Description

Hierdie werkkaarte is so geformuleer om die kinders te help dink oor die belangrikheid van vrae. Waar kom vrae orals voor? Hoe kan ek self ‘n vraag formuleer? Daar is ook ‘n oefening ingesluit waar die kinders leer om dit waaroor hulle wonder (die vrae waaraan hulle dink) eers self te beantwoord, voor hulle op juffrou se antwoord staat maak.

Die werkkaarte loop hand aan hand met ‘n gratis YOUTUBE video. Maar kom ons leer die kinders om nie net passief na opvoedkundige materiaal te kyk nie, maar ook tussenin te beweeg. Daar is hulpmiddels ingesluit wat juffrou kan gebruik om ‘n prettige speletjie saam met die kinders te speel.

Klaskamer plakkate, prent kaarte, woord kaarte asook lees kaarte vorm deel van hierdie pakket. Daar is tot ‘n huiswerk lees kaart asook ‘n volledige beplanning vir die les ingesluit.

Al die hulpmiddels is gebruikers vriendelik opgestel met verduidelikings onderaan van hoe om die hulpmiddels en werkkaarte te gebruik. Juffrou se kosbare tyd is ook ingedagte gehou met die ontwerp van die hulpmiddels en boonop is meeste van die hulpmiddels in kleur beskikbaar asook swart en wit vir juffrou se gerief.

Gaan kyk gerus ook na al die ander videos op my OPVOEDKUNDIGE YOUTUBE kanaal. Dit is HEELTEMAL GRATIS.

Die skakel na die GRATIS YOUTUBE VIDEO is:

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

HIerdie video behandel kreatiewe vraag formulering asook die 3 verskillende sinstipes. Talle prent kaarte, woord kaarte, lees kaarte en nog vele meer word ingesluit in hierdie pakket wat hand aan hand loop met ‘n GRATIS YOUTUBE video.

R29.00