Resource Description

Hierdie werkkaarte sluit direk aan by die GRATIS YOUTUBE video wat handel oor een van die drieklanke (aai-klank). Die klank se samestelling word mooi verduidelik. Daarna word woorde gelees op verskeie maniere. Die video eindig met sinslees.

Die hulpmiddels sluit klaskamer plakkate in om vir die kinders te wys om dele van die video uit te lig. Daar is ook klank speletjies, woord speletjie en sinslees speletjies. Elke werkkaart of hulpmiddel is duidelik gemerk met instruksies en idees hoe om dit te gebruik. Die hulpmiddels is gebruikers vriendelik. Maklik om te druk, te knip en aanmekaar te heg. Juffrou kan dit ook lamineer en so wegbêre om nog talle kere te gebruik.

Die hulpmiddels sluit ook ‘n huiswerk leeskaart sowel as ‘n volledige beplanning vir die toepassing van hierdie les in.

Al die skakels vir die videos wat jy gaan nodig hê vir die aanbieding van hierdie les is aangeheg vir jou gerief in ‘n Powerpoint dokument. “Copy en Paste” die skakels in GOOGLE om direk herlei te word na jou GRATIS video/videos vir die les.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 5 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R49.00