Resource Description

Vir kinders om aktief te wees tydens enige leesles kan baie voordele inhou. Die kinders word toegelaat om onder toesig met duidelike opdragte te beweeg en sodoende raak hulle lief vir die nuwe inhoud. Terselfdertyd word daar sommer suurstof na die brein gestuur en kom die kinders agter dat daar ander maniere van leer en lees ook is. Vir sommige kinders gaan dit baie deure oopmaak want hulle dink self planne uit van hoe om tuis te leer en te lees.

Hierdie werkkaarte gaan hand aan hand met die GRATIS YOUTUBE videos. Die werkkaarte sluit ‘n leesrigting wyser in, wat juffrou kan druk en uitdeel. Daar is ‘n leesboekie wat die presiese woorde bevat as in die video. Die boekie is maklik om te druk, knip en te bind. Al die instruksies is baie duidelik op al die werkkaarte.

Daar is ook woordkaart flitskaarte wat juffrou op verskeie maniere kan gebruik. Oulike idees word ook gegee op die gedrukte werkkaarte. ‘n Vraag blad is ook ingesluit wat die kinders sommer gaan help om een van die studiemetodes ook baas te raak. Maklik drukbaar en gebruikers vriendelik.

‘n Bonus is ook ingesluit van die bewegings figure wat juffrou kan gebruik vir flits en doen.

Juffrou kan al die bruikbare hulpmiddels lamineer en in ‘n sakkie bêre, sodat alles handig is vir die volgende keer se aanbieding van hierdie les.

Ek hoop julle geniet die storie van Makie Sakie Drakie by die monument. Al die fotos het ek self geneem om uiteindelik die prettige storie saam te stel.

Al die skakels vir die videos wat jy gaan nodig hê vir die aanbieding van hierdie les is aangeheg vir jou gerief in ‘n Powerpoint dokument. “Copy en Paste” die skakels in GOOGLE om direk herlei te word na jou GRATIS video/videos vir die les.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 5 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R45.00