Resource Description

Alle hulpmiddels asook werkkaarte en leeskaarte om die GRATIS YOUTUBE video meer interaktief te maak. Waarde vir geld vir ‘n volledige uitgewerkte les met hope hulpmiddels en werkkaarte.

Kyk gerus na die voorbeelde wat aangeheg is in die beskrywing.

Hierdie les fokus op: Lees van getalname en lees van sinne.

Hierdie pakket bevat verskeie hulpmiddels vir juffrou asook ‘n verskeidenheid werkkaarte wat die kinders kan gebruik tydens die les of selfs vir huiswerk.

Hierdie hulpmiddels asook werkkaarte (sluit leeskaarte in) is vir een week se leesles aanbieding. Die les kan in een langer periode aangebied word of opgedeel word in ‘n paar korter lessies vir die week. Soos wat dit vir juffrou in haar klaskamer die beste werk.

Al die hulpmiddels asook werkkaarte is maklik om af te laai. Dit is in A4 formaat.

Die hulpmiddels asook werkkaarte (sluit leeskaarte in) kan in ‘n japtrap gedruk word. Dit is maklik om te lamineer indien juffrou dit so verkies om weer te gebruik.

Die hulpmiddels sowel as werkkaarte wat geknip moet word is so ontwerp dat juffrou dit maklik kan knip en in kleiner sakkies plaas vir maklike gebruik. Tyd word dus gespaar.
Instruksies is op elke werkkaart geplaas met voorstelle vir gebruik vir juffrou.

Al die hulpmiddels en werkkaarte is so ontwerp dat dit die GRATIS YOUTUBE videos ondersteun en sodoende daardie videos meer interaktief maak vir die kinders.
Juffrou is meer as welkom om die video te stop en die hulpmiddels sowel as werkkaarte te gebruik om die les interaktief en prakties aan te bied vir inskerping van alle leerinhoud in die video.

Elke les bevat talle hulpmiddels wat spesifiek vir juffrou bedoel is om die lesaanbieding makliker te maak. Daar is o.a. klaskamer plakkate, flitskaarte, woordkaarte, sinskaarte, leesspeletjies ens. ingesluit in die lesse.

Vir die kinders is daar ‘n hele paar werkkaarte (leeskaarte) ingesluit wat in die klas gedoen kan word of juffrou kan ook die leeskaarte as huiswerk vir die kinders gee sodat hulle dit hardop tuis kan inoefen vir ekstra lees oefening.

‘n Oulike idee is om elke week se pakket (wat gedruk en gelamineer is) in ‘n ziplock sakkie te bêre, duidelik gemerk met al die inhoud. Sodoende kan juffrou dit maklik in die hande kry vir haar volgende aanbieding.

In elke week se pakket is daar ook ‘n volledige vorm vir die aanbieding van hierdie week se les. Die vorm sluit die Afrikaanse sowel as Engelse aanbieding stap vir stap in met aanduidings van watter deel met die video aangebied kan word en watter deel met hulpmiddels of werkkaarte aangebied kan word.

Al die skakels vir die videos wat jy gaan nodig hê vir die aanbieding van hierdie les is aangeheg vir jou gerief in ‘n Powerpoint dokument. “Copy en Paste” die skakels in GOOGLE om direk herlei te word na jou GRATIS video/videos vir die les.

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R49.00