R32.20

Resource Description

Hierdie pakket sluit in:
Storiekaart-stroke wat aan kinders verskaf word
Groot storiekaart simbole wat tydens terapie gebruik kan word.
Tuisprogram

Hoekom moet kinders ‘n storie kan hervertel?
Die hervertelling van ‘n storie in ‘n logiese volgorde is ‘n belangrike grondslag-vaardigheid vir ekspressiewe taalontwikkeling en uiteindelik vir LEESBEGRIP. Wanneer kinders besig is om ‘n storie te hervertel, word logiese denke en visualiserings-vaardighede geaktiveer. Hulle ontwikkel ‘n begrip van hoe gebeure opmekaar kan volg met ‘n begin, middel en einde. Hervertelling verskaf natuurlik ook geleentheid om nuwe woordeskat te gebruik en om goeie sinne te formuleer.

Hoe?
Wanneer ons ‘n storie in die terapie-sessie lees, gaan ons met behulp van STORIEKAARTJIES die kind help om die elemente van ‘n storie weer te gee.

Die storie-elemente word deur ‘n simbool voorgestel. Die kind ontvang tydens terapie ‘n kaartjie met hierdie simbole op en dit word dan tuis gebruik om die storie te vertel.

Die simbole fokus op die belangrikste inligting van die storie. Aanvanklik moet die kind kan sê wie die karakters is en dalk ook WAAR hulle is. Meeste stories het ‘n “probleem” wat die sneller vir die res van die gebeure is. Daarna is daar dan verskeie gebeure. Die laaste simbool verteenwoordig die oplossing van die probleem en die EINDE van die storie.

Hoop julle geniet dit!
Mari
2017

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.