R23.00

Resource Description

Kom ons begin klank!

Elkonin (1973) vereis die identifikasie van die HOEVEELHEID klanke in ‘n woord. Byvoorbeeld “boek” het 4 letters, maar 3 klanke.

Gebruik die Elkonin-beginsel om kinders te leer klank. Die visuele hulpmiddel help met “scaffolding”

In die pakket:
– 12 Elkonin kaarte (vis, nes, kar, son, net, lig, wiel, sap, rok, kat, peer, veer)
– 1 leë kaart
– Tuisprogram

Maak so:
Die kind “bou” die woord met tellers. Elke teller word op ‘n aparte “boksie” gepak. Byvoorbeeld:
s (sit teller in eerste blokkie)
o (sit teller in die middelste blokkie)
n (sit voorwerp in die laaste blokkie)

Hy moet vrae kan antwoord soos:
“Waar is die o?” (Dan wys die kind na die middelblokkie)
“ Wat hoor jy eerste/ aan die begin? (terwyl Juffrou op 1ste blokkie druk) Middel? Laaste/einde? Laat die kind die woord KLANK terwyl hy die blokkies pak.

 

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.