Resource Description

Dit kan nie genoeg beklemtoon word dat die Graad R kind nooit hoef te lees nie. Hierdie program dien SLEGS as ‘n bekendstelling aan lees met die doel om die kind se selfvertroue vir lees te ontwikkel.

Die pakket bestaan uit 6 “boekies” van 6 bladsye elk. Daar is een sin op elke bladsy. Dit is nie ‘n storie met ‘n begin en einde nie – dit bestaan bloot uit eenvoudige sinne wat by ‘n tema pas. Die sinne is herhalend met net die laaste woord wat verskil. Hierdie woord word ook met behulp van ‘n prentjie geillustreer. Elke boekie het ‘n ingeslote ouerbrief.

Al 6 “boekies” is aangepas vir rekenaar/ tablet-gebruik.

Knip die bladsye uit en kram aan die linkerkant vas sodat ‘n boekie met bladsye gevorm word.
Geniet dit!

Resource Reviews

Total vendor ratings: ( 56 ratings )
No ratings have been submitted for this resource yet.

R28.00