Grondslagfase Kersfees hulpmiddels

  Teacha!

Dis tog te oulik hoe opgewonde kleintjies oor Kersfees word! En as jy in hul onskuldige ogies kyk, hoe kan jy dan nou sê Kersvader bestaan nie of hy gaan nie hierdie jaar geskenkies bring nie? Kinders bly nie vir altyd klein nie, so koester hierdie tyd met hulle.

Een manier is om vrolikheid en entoesiasme in jou klaskamer te skep. Ons het fantastiese hulpmiddels saamgestel – propvol prettige aktiwiteite – wat Kerstyd vir jou kleinspan sommer baie spesiaal sal maak!